NG Onderstepoort Gemeente

Verwelkomings boodskap vanaf ons prediker

Dr. Gerrit Snyman en sy vrou Karien

As ‘n leraar met meer as 25 jaar ondervinding, het ek nog altyd ‘n passie gehad om mense te help. Ek is 30 jaar getroud met Karien Snyman, my ondersteunings pilaar. Vir my is Christenskap baie belangrik en ons mag dit nie misverstaan nie.

Baie mense sal sê dat hulle Christene is, maar wat beteken dit? Eerstens is 'n christen iemand wat in Christus glo as sy/haar redder, en in 'n verhouding met Hom leef. Tweedens, is ‘n christen ‘n persoon in wie se lewe Jesus sigbaar is, en mense na Christus toe trek.

 

By die NG Kerk Onderstepoort Gemeente, glo ons dat die verkondiging van die Woord van God sentraal is. Ons glo ook dat die gemeente die familie van God is wat gereeld saamkom in Sy naam, om Hom te loof en prys. In die Nuwe Testament verwys die woord kerk nooit na ‘n gebou nie, maar altyd na die vergadering van die mense wat aan Jesus behoort. In die Nuwe Testament verwys die woord kerk nooit na ‘n gebou nie, maar altyd na die vergadering van die mense wat aan Jesus behoort. Ons nooi u hartlik uit om ons gemeente te besoek en self die warmte en liefde van die kerk van Jesus te kom beleef.